Skryf Aanklagte vir Dissiplinêre Verhore - Negotiation Training for Effective Business Negotiating Skills and Negotiation with Unions. Labour relations skills.

Go to content

Main menu

Skryf Aanklagte vir Dissiplinêre Verhore

Webinars

Webinaar

Jy kan ook doeltreffende dissiplinêre aanklagte skryf wat die noukeurige ondersoek van die KVBA, Bedingingsrade, Howe en arbiters sal deurstaan.

Vermy dit ...
· om sake te verloor en om "skuldige" werknemers met volle terugbetaling herindiens te moet stel omdat jy die aanklag verkeerd geformuleer het;
· om deur die werknemer of 'n verteenwoordiger in die verleentheid gestel te word wanneer hulle jou aanklagte uitmekaar trek.

Dissiplinêre verhore val dikwels op "tegniese punte" vas. Inisieerders weet dikwels nie hoe om aanklagte te formuleer en om sake aan te bied nie. Dikwels kom die eintlike oortredings eers gedurende die verhoor aan die lig. Maar die voorsittende beampte kan dan nie die werknemer op ander aanklagte skuldig bevind as dié wat in die klagstaat of kennisgewing genoem word nie. Die voorsittende beampte moet dan die werknemer op 'n "tegniese punt" onskuldig bevind. Inisieerders weet baie keer nie wat hulle moet doen nie, want niemand het hulle ooit opgelei om soos wafferse "prokureurs" op te tree nie.

Hierdie Wêreldwye Webinaar ™ sal vir jou bewese, suksesvolle tegnieke gee om behoorlike aanklagte te skryf en om jou saak gedurende die verhoor te bewys.

Advokaat Henk Botha verduidelik die verskille tussen ondersoeke en verhore, die aanklagelemente (wat jy soos 'n kontrolelys kan gebruik) hoeveel besonderhede jy moet gee, die verskil tussen opset en nalatigheid, wat om 'n oortreding te noem, splitsing van aanklagte, en die Top 10 Alledaagse Oortredings en hoe om hulle te hanteer.
WEBINAAR INHOUD
1. Ondersoeke en Verhore
Wat is 'n "Ondersoek"? – Wat is 'n "Verhoor"? – Dokumentêre en fisiese getuienis – Mag jy 'n werknemer voor die verhoor vra om sy gedrag te verduidelik?
2. Die Aanklag
Wat is ’n aanklag? – Wat is die elemente van ’n aanklag? – Wat is die aanklagbesonderhede? – Die aanklag "etiket" – Wat is die basiese reëls om 'n aanklag te bewys? - "Splitsing van Aanklagte"
3. Opset en Nalatigheid
Wat is opset? – Die drie soorte opset - Nalatigheid – Hoe om dit te bewys
4. Die Top 10 Alledaagse Oortredings
Diefstal- Ongemagtigde besit van goedere – Diefstal onder valse voorwendsels - Vervalsing - Bedrog - Aanranding - Intimidasie – Beskadiging van eiendom – Afwesigheid sonder verlof - Insubordinasie

DOEL
Die doel van die webinaar is so duidelik soos sy titel ... om jou te wys hoe om dissiplinêre aanklagte te kies en te skryf om billike en ferm dissiplinêre optrede te verseker. Die aanklagte moet die noukeurige ondersoek van die KVBA en arbiters kan deurstaan sodat die maatskappy nie tyd en geld mors deur sake te verloor nie.

Datums: Meeste Maandae.

Tye: Ons bied die webinaar tweekeer per dag aan op tye wat jy kan kies. Ons bied die webinar tweekeer per dag aan op tye wat jy kan kies. As jy onmiddellike opleiding nodig het, kan jy na 'n opname van die vorige Maandag se webinaar kyk sodra jy geregistreer het.
Plek: Aan lyn.
Duur: Ongeveer 1¼ uur.

Ondergaan opleiding in die gerief van jou kantoor of huis by jou rekenaar.
Ons sal vir jou die Aanteken (Login) instruksies en 'n werkboek voor die tyd stuur. Gee derhalwe jou e-posadres op die registrasievorm.

Geregistreerde deelnemers wat versuim om by te woon is vir die hele fooi verantwoordelik.  

Fooi: R497

Registreer Nou en kies 'n datum en tyd wat jou pas.

Pay
Back to content | Back to main menu